R 7 450 000
Word die trotse eienaar van die pragtige plaas in die unieke kulturele omgewing van Orania en die groter Vanderkloof area.
98 hektaar waarvan 33 hektaar digte soetdoring bome is met soetgras veld en ‘n asemrowende 33 hektaar groot pan met ‘n ryk en groot variasie in voëllewe. Die res van die plaas beslaan rante- en vlakte veld.
Die plaas is geleë 30 kilometer vanaf Orania, Vanderkloof asook Petrusville.
Die stewige en netjiese houthuis bestaan uit 3 slaapkamers, een badkamer, oopplan kombuis, sitkamer, opwas, groot kuier stoep met braai en genoegsame afdakspasie.
2 Kampe met een veesuiping wat gediens word deur ‘n 2500 liter Jojo tank. Weiding bestaan uit ‘n groot verskeidenheid klimaks en sub-klimaks veld, karoo bossies en baie soetdoring bome.
Die plaas is in sy geheel toegespan met jakkalsproef heining.
3 Toegeruste boorgate (sonkrag) met ‘n 5000 liter Jojo tenk wat water stoor vir menslike gebruik.
Die plaas is totaal onafhanklik van die nasionale krag netwerk en alle elektrisiteit vir die huis asook boorgate word verskaf deur sonpanale en is gevolglik ‘n groot koste besparings voordeel.
Die area verleen homself uitstekend tot die vestiging van verskeie neut kultivars, granate, druiwe, steenvrugte en sitrus. Daar is ook genoegsame weiding om ‘n klein troppie lewende hawe vir eie gebruik aan te hou. Kom ervaar die goeie lewe waar mense steeds vir mekaar omgee, waar bure vriende word en diefwering nie in aanvraag is nie.
Geen BTW of oordragkoste is betaalbaar nie. Na die suksesvolle aansoek, gerig aan die Orania bestuur rakende verblyfreg om deel van die unieke groter Orania ervaring te word, sal die koper ‘n aandele sertifikaat ontvang as bewys van eienaarskap. Die sertifikaat kan vererf word en die eiendom kan enige tyd in die toekoms weer verkoop word vir die verkoper se uitsluitlike voordeel onderhewig aan dieselfde bogenoemde voorwaardes.
Become the proud owner of this beautiful farm in the unique cultural environment of Orania and the greater Vanderkloof area.
98 hectares of which 33 hectares is dense sweet thorn trees with sweet grass veldt and a stunningly beautiful 33 hectare in size pan (wetland) with a rich and abundant variety in bird life. The rest of the farm comprises ridge – and plains veldt.
The farm is located 30 kilometers each from Vanderkloof, Petrusville and Orania.
The well built and neat wooden house consists of 3 bedrooms, one bathroom, open plan kitchen, sitting room, scullery, large stoep with braai and extensive verandas.
There are 2 camps with one livestock watering point serviced by a 2500 liter Jojo tank. Grazing comprises of a large variety of climax and sub-climax veldt, karoo bushes, ganna and the abundant sweet thorn trees.
The farm has jackal proof fencing on all borders.
3 equipped Boreholes (solar), a 5000 liter Jojo tank stores water for human consumption.
The farm is totally off-grid and all electricity for the house and boreholes are provided by a solar array which is a great cost saving advantage.
The area lends itself perfectly to the establishment of various nut cultivars, pomegranates, grapes, stone fruit and citrus fruit. There is also enough grazing on the farm to keep a small flock of livestock. Come experience the good life where people still care about one another with neighbours becoming friends and burglar bars have no demand.
No VAT or transfer duties are payable on this sale. After having successfully applied to the Orania management committee for tenure to become part of the unique greater Orania experience, you will be issued with a stock certificate as proof of ownership. The property can still be bequeathed in your will as well as in future be sold again on the same basis for your sole benefit.